Vredebest Auctioneers

Overview

Selwyn sê: “Om ‘n afslaer te wees is ‘n jare lange droom wat nou bewaarheid word." VREDEBEST AUCTIONEERS gaan ons visier op absolute kliënte tevredenheid stel.”
Vredebest Auctioneers is based in Mossel Bay, the pride of the Garden Route.

Contact Information

20 Industry Road Voorbaai Mossel Bay, Western Cape, South Africa 6500

phone: view phone044 695 2258

Photos

Description

VREDEBEST AUCTIONEERS se oogmerk is om ‘n professionele afslaersdiens te lewer en sal daar gepoog word om die beste moontlike pryse te behaal vir goedere wat kliënte wil verkoop, teen ‘n markverwante kommissie, of om dit direk van die kliënt aan te koop teen mededingende pryse. Selwyn en Belinda beoog ook om deur middel van veilings meer betrokke te raak by die gemeenskap.

VREDEBEST AUCTIONEERS sal nie net goedere per veiling verkoop nie, maar ook direk aan die publiek. Om hierdie rede beoog hul om slegs bruikbare en werkende goedere van gehalte te verkoop, hetsy per veiling of uit die hand. Besoek dus gerus hul perseel te Industrieweg 20 (langs die huidige Vredebest-gebou, aan die agterkant van Charlene’s – die vooraansig grens aan Louis Fourie-weg)Neem asseblief kennis dat die kantore van VREDEBEST VERHUISINGS EN OPBERGING na dieselfde perseel verskuif.

Die span van VREDEBEST AUCTIONEERS glo dat veilings ‘n genotvolle ervaring behoort te wees, selfs vir die hele gesin. Baie mense is bang en onseker om aan veilings deel te neem. Selwyn verduidelik: “Dit is juis om hierdie rede dat ons dit toeganklik vir almal wil maak.”

“Ons bedank hiermee graag ons getroue klante wat die pad al vir bykans twee dekades saam met ons stap en nooi u vriendelik uit om ook híérdie reis saam met ons aan te pak. Ons vertrou dat, soos ons leuse lui, ons inderdaad, YOUR BEST BID sal wees. U is welkom om ons by 044 695 2258 of 087 809 3834 te kontak sou u enige verdere navrae hê, of alternatiewelik besoek af te lê by ons splinternuwe perseel. “




Hours of work

Mon - Friday 8am - 5 pm

Locations

Mosselbay

Complete the form below to contact us.

Please enter the text you see in the image at the left into the textbox. This is required to prevent automated submission of contact requests.

Verification Code image cannot be displayed