Laerskool George-Suid

Overview

Laerskool George-Suid is geleë in die Tuinroete se mooiste dorp, George. Omring deur die Outeniqua berge - waar kinders nog kan speel.

George South Primary School is situated in George where kids can still be kids.

Contact Information

Hoek van Meade- en Laingstraat George, Western Cape, South Africa 6530

phone: view phone044 873 3464

fax: view fax044 873 2704

Additional Information

Kliek hierr vir ons nuusbrief

Photos

Laerskool George-Suid

Description

Toekomsvisie:

Dit is ons visie dat Laerskool George-Suid deur middel van persoonlike betrokkenheid en toewyding diensbaar sal wees in die gemeenskap en wenvennootskappe sal sluit om die toekoms van ons leerders en skool te verseker.

Missie:
Laerskool George-Suid streef daarna om die hoogste vlak van uitnemendheid te bereik deur:
• Sy leerders gebalanseerd en gedissiplineerd voor te berei vir die eise van die moderne lewe;
• Toonaangewende onderrig en opvoeding deur ‘n span toegewyde onderwysers te verskaf
• Gesonde bestuursbeginsels toe te pas;
• ‘n Leer-veilige omgewing vir ons leerders te skep waarin daar wedersydse respek betoon word;
• Gesonde Christelike waardes uit te leef;
• Ouers as vennote in die opvoedingsproses te erken;
• Personeel voortdurend op te lei en te ondersteun.

Algemene Inligting:
• Enkelmedium: Afrikaans
• Pre-Primêre afdeling: 4 -klasse vir die vyfjariges, 2 pre-Gr. R-klasse vir die vierjariges.
• Hoofstroom: 5 Gr. 1 en 2 klasse en 4 klasse per graad van Gr. 3 tot Gr. 7.
• Klasgroottes: Wissel tussen 30 en 35 leerder per klas.
• Rekenaarklasse vir alle leerders
• Leerderondersteuning vir leerders wat hulp benodig
• Musiek: Klavier, Blokfluit; Dwarsfluit; Kitaar; Solo sang, klawerbord,ensemble
• Kultuur: Landsdiens; Redenaars, Koorsang, kunsfees en dansfees
• Sport: Atletiek, tennis, krieket, swem,tweekamp, rugby, hokkie en netbal

Geskiedenis van Laerskool George-Suid

Die basis vir Laerskool George-Suid is op 15 Januarie 1960 gelê toe me. Stella Louwrens as eerste skoolhoof van George-Suid Voorbereidingskool in die kerksaal begin funksioneer het.

In 1965 het mnr. GG Oosthuizen die leisels by me. Louwrens oorgeneem. Die skool se getalle het so gegroei dat hulle op 14 Mei 1966 in die bestaande skoolgebou ingetrek het as ‘n volwaardige Laerskool. In 1966 is Gr. 4 en 5-leerders toegelaat en in die jaar daarna Gr. 6 en 7-leerders.

Mnr. GG Oosthuizen het op 29 Junie 1984 afgetree en Mnr. Nicol Marais is in sy plek aangestel. In hierdie tydperk het die skool baie gegroei en vele veranderings het plaasgevind.

Mnr. Thys Harmse het mnr. Nicol Marais in 1999 opgevolg. Vandag groei die skool steeds en is die skool ’n krag in die streek en welbekend in die Wes-Kaap vir puik prestasie op alle terreine.

Complete the form below to contact us.

Please enter the text you see in the image at the left into the textbox. This is required to prevent automated submission of contact requests.

Verification Code image cannot be displayed