Concrete YeAfrica

Overview

Concrete Ye Africa George, situated in the Garden Route, is a supplier as well as a manufacturer of building materials such as: lintels, pre-stressed lintels, vibracrete, precast concrete, paving blocks, foundation blocks, cement & concrete products.

Contact Information

6 Foundry road, Industrial Area George, Western Cape, South Africa 6530

phone: view phone044 873 6111

fax: view fax044 873 6100

Additional Information

CLICK HERE to view BROCHURE.

Photos

Concrete YeAfrica

Description

Concrete YeAfrica is 'n voortreflike nuwe groeiende onderneming gestig in 2007 deur Mark Smith en Henrihetta Jonck. 12 jaar se ondervinding in die vervaardiging van hoe gehalte beton, skep 'n hoe aanvraag na ons beton lateie (Lintels) beton mure (Vibrecrete) en verwante produkte. Klem word geplaas op dienslewering met 'n glimlag omdat al ons kliente baie belangrik is. Die onderneming dien as 'n bron van inligting aan die publiek om sodoende 'n korrekte en koste effektiewe keuse te maak. Afgelei van die Shona benaming Concrete YeAfrica, streef die onderneming om hoe gehalte bekostigbare produkte te lewer aan Afrika.

Die korrekte benutting van natuurlike materiaal is van kardinale belang om sodoende kwaliteit eindprodukte te lewer wat 'n hoe graad van vertroue by ons kliente skep. Jare lank is die publiek ontneem van inligting ten opsigte van korrekte aanwending van produkte wat telkens deur vervaardigers uitgebuit was, om sodoende hul verkope te verhoog. Beton lateie "lintels" is 'n baie belangrike gespesialiseerde produk wat in samewerking met stene of blokke dien as 'n stut oor die openinge van vensters, deure en ingange. Kwaliteit is 'n prioriteit aangesien swak kwalitiet nie net onnodige koste kan veroorsaak nie maar belangriker nog kan dit lewensgevaarlik wees.

Concrete YeAfrica vervaardig hoofsaaklik beton lateie"lintels" met 'n reeks ander bekostigbare produkte wat wissel van beton lugroosters "airbricks" reenwaterkanale, pilaartoppunte "copings" gulleys, splashpans, versterkte fondamentblokke vir houthuise, versterkte fondament blokke vir houtdekke en 'n reeks 600X600 en 450X450 vastrap plavei blokke.

DIY beton mure (vibrecrete) word vervaardig met panele van hoe kwaliteit. Besparings is aan die orde van die dag en juis om daardie rede bied ons bekostigbare panele en pale direk van die fabriek. Die regmaak van enkele stukkende panele is maklik en bekostigbaar. 'n Reeks patroon panele is beskikbaar asook pale en panele in 'n rooiroes kleur.

Voortreflike diens en uitstaande kwaliteit word beskou as die fondament in die onderneming met 'n sterk eienskap van eerlikheid teenoor ons kliente maak die onderneming leier in sy veld. Ons bemagtig die publiek met inligting van waar om produkte te bekom en hoe om dit korrek aan te wend.
Beheermaatreels wat wissel van beton sterkte toetse tot 'n 5 punt kwaliteit inspeksie word streng gehandhaaf om sodoende hoe kwaliteit te verseker.
Die fabriek is gelee in Foundry straat George Industria omhein deur hoe sekuriteits heining wat die publiek die kans gun om te sien hoe daar gewerk word.
Ons nooi die publiek asook handelaars om ons perseel te besoek met navrae aangaande ons produkte.

Hours of work

Mon - Fri 7:30am - 17:00pm
Sat 9:00am - 12:00pm
Sun & Public Holidays closed

Locations

Office based in George.
Servicing form Albertinia to Oudtshoorn, Beaufort Wes & Plettenberg Bay.

Complete the form below to contact us.

Please enter the text you see in the image at the left into the textbox. This is required to prevent automated submission of contact requests.

Verification Code image cannot be displayed